SHOWING ARTICLE 3 OF 35

Top 100 Franchises

Category Newsletter

Century 21 Real Estate is aangewys as die nommer een vinnig-groeiendste Konsessiesake (Franchise)
op Entrepreneur-tydskrif se 2021-lys van Vinnig-groeiendste Franchises, wat in dié publikasie se
Maart-uitgawe te sien is. Hierdie internasionale bedryfsleier vier vanjaar sy vyftigste bestaansjaar
en spog tans met 'n netwerk van 145 000 geaffilieerde verkoopsagente in sowat 13 000 kantore in 86
lande en gebiede regoor die wêreld.

Hierdie prestasie beklemtoon die CENTURY 21®- handelsmerk se posisie as internasionale markleier,
nie net in die eiendomsmark nie, maar ook as van die wêreld se beste Franchise-maatskappye aangesien
dit aangewys is as die top-eiendomshandelsmerk in die tydskrif se Franchise 500.
Wat nog meer indrukwekkend is, is dat Century 21 ook terselfdertyd aangewys is as die beste internasionale eiendoms Franchise maatskappy in die wêreldwye Top 100 Franchises 2021-opname deur
Franchise Direct.
Harry Nicolaides, uitvoerende hoof van Century 21 Suid-Afrika, sê: "By Century 21 Suid-Afrika plaas
ons konstant druk op onsself en ons Suid-Afrikaanse Franchisees en agente om buitengewone diens
te lewer, met behulp van toonaangewende tegnologie, buitengewone opleidingsplatforms en unieke
programme wat daarop gefokus is om besigheidsgroei te bevorder, wat aanklank vind by professionele
persone regoor die land en hulle in staat stel om hul doelwitte te bereik en persoonlik te groei.
Ons is 'n trots Suid-Afrikaanse maatskappy, wat verbonde is aan 'n wêreldleier in die Eiendomsbedryf.
- Vir meer inligting oor CENTURY 21 Suid-Afrika se waarde-aanbod of om by hulle geledere aan te sluit, besoek www.century21.co.za
- Vir volledige inligting oor die CENTURY 21-handelsmerk se posisie in die internasionale mark, besoek
www.entrepreneur.com/franchises/fastestgrowing
- Om meer te lees oor die Top 100 internasionale konsessiesake, waarvan Century 21 nommer een in
die Eiendomsmark is, besoek www.franchisedirect.com/top100globalfranchises/rankings?page=1

Author: Century 21 Montana/Moot

Submitted 01 Apr 21 / Views 2281